Selfdoodbommer teiken kerk in Damaskus

Lees ook :

Selfdoodbommer teiken kerk in Damaskus fotokrediet: X

DAMASKUS, SIRIЁ. – Volgens Sirië se gesondheidsministerie is 22 mense gisteraand dood en 63 gewond nadat ’n selfdoodbommer ’n kerk in Damaskus aangeval het.

Lees ook: Amerika loods bomaanval op drie kernaanlegte in Iran

Volgens die ministerie van binnelandse sake het die aanvaller met ’n vuurwapen by die kerk van die profeet Elias ingegaan en op mense begin skiet voordat hy ’n selfdoodbom laat ontplof het.

Die Greek Orthodox Patriarchate of Antioch het gesê die bom het ontplof by die ingang van die kerk wat die dood van mense wat in die gebou was én buite die gebou veroorsaak het.

Anas Khattab, minister van binnelandse sake, het gesê sy departement ondersoek die voorval.

Bronne: BBC, PEOPLE, Sky News

Lees ook: Amerika loods bomaanval op drie kernaanlegte in Iran

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief