Siriese burger aangekla oor komplot vir aanval by Taylor Swift-konsert in Wene

Lees ook :

Siriese burger aangekla oor komplot vir aanval by Taylor Swift se konsert in Wene fotokrediet: Canva

WENE. – ’n Siriese burger is deur Duitse owerhede aangekla oor ’n komplot waarin ’n terreurgroep verlede Augustus ’n Taylor Swift-konsert in Wene deur ‘n aanval wou ontwrig.

Lees ook: Justin Baldoni onttrek dagvaarding teen Taylor Swift

Mohamed A, glo nog ’n minderjarige, is aangekla daarvan dat hy ’n terreurgroep ondersteun het en ’n verdagte gehelp het om vir die aanval voor te berei. Hy het glo die aanvaller gehelp om bombou-instruksies uit Arabies te vertaal en hom aanlyn in kontak geplaas met ’n lid van die Islamitiese Staat-groep.

Verskeie verdagtes is verlede jaar oor die komplot in hegtenis geneem ná Swift se drie konserte wat In Wene sou plaasvind, gekanselleer is.

Mohamed A is in hegtenis geneem nadat die polisie toestemming gekry het om die verdagtes se boodskappe dop te hou om nog aanvalle te stop.

Bronne: BBC, US News, Straits Times

Lees ook: Taylor Swift se Wene-konsert gekanselleer weens vrees vir terreur

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief