Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) vra alle Suid-Afrikaners om in Augustus ’n heldedaad te verrig deur bloed te skenk.
Die SANBD moet ‘n bloedvoorraadvlak van vyf dae vir elke bloedgroep handhaaf om voortdurende beskikbaarheid van bloed vir pasiënte in nood te verseker.
Hulle mik om 3 000 eenhede bloed per dag in te samel om ‘n veilige en voldoende bloedvoorraad in die gesondheidsorgstelsel te verseker.
Minder as 1% van Suid-Afrikaners is aktiewe bloedskenkers. ‘n Eenheid bloed hou slegs 42 dae na skenking, en daarom is dit belangrik om gereeld bloed te skenk. Jy kan elke agt weke bloed skenk.
Elke eenheid bloed kan minstens drie lewens red, aangesien bloed geskei word in rooibloedselle, plasma en bloedplaatjies.
Bloedskenksentrums regoor die land is vir die publiek oop. Jy kan ook ‘n bloeddonasiedag by jou kantoor reël vir die gerief van personeellede.
Deur bloed te skenk, gee jy die geskenk van lewe aan diegene wat dit nodig het.
Bronne: https://sanbs.org.za/ en https://www.wcbs.org.za/





