Skietery op Jeugdag veroordeel

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Skietery by ‘n kroeg in Bhabhatanestraat in die Walmer-lokasie, waartydens twee persone doodgeskiet en drie gewond is, word deur die provinsiale kommissaris van die polisie veroordeel.

Kol. Priscill Naidu sê lt.genl. Nomthetheleli Meni is hartseer en woedend oor die skietery op die dag waarop die jeug gevier moes word.

Na bewering is die polisie Sondag omstreeks 23:20 na ‘n klagte by die adres. Volgens inligting het vyf manlike verdagtes, met vermomde gesigte, die kroeg binnegegaan en lukraak op persone geskiet.

Twee persone – ‘n vrou (18) en ‘n man (ouderdom onbekend) – is doodgeskiet. Nog twee mans en ‘n vrou is gewond.

Die motief vir die skietery is onbekend.

Twee sake van moord en drie van poging tot moord word deur die provinsiale eenheid vir ernstige en geweldsmisdade ondersoek.

“Ons doen ‘n beroep op die gemeenskap vir hulp in hierdie kritieke ondersoek en op enigiemand met inligting wat verband hou met hierdie voorval om na vore te kom. U samewerking is noodsaaklik om ons te help om hierdie saak op te los en verdere geweld in ons gemeenskap te voorkom,” sê Mene.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief