OOS-KAAP. – Die Scenery Park-polisie ondersoek ‘n dubbelmoord ná ’n noodlottige skietvoorval op 4 Augustus by ’n woning in Dice, Reeston. Bure het glo skote gehoor, waarna ‘n man (40) en sy swanger vrou (35) dood aangetref is.
Brig. Nobuntu Gantana, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring volgens bure het hulle skote gehoor en hulle na die huis gehaas. Die vrou is buite die kombuisdeur met twee skietwonde aan die linkerdy en een in die maag aangetref, terwyl die man agter die kombuisdeur op sy maag gelê het. Hy het twee skietwonde aan die linkerkant van die bors en een aan die nek gehad.
Die motief vir die aanval is tans onbekend en geen inhegtenisnemings is nog gemaak nie. Die polisie het ’n soektog na die verdagte(s) geloods.





