VRYSTAAT. – ‘n Onbekende man met ‘n band om sy nek is op 1 April omstreeks 10:30 in Snake Park, Bluegumbosch dood aangetref. Hy is aan die brand gesteek en het ‘n steekwond aan sy onderlyf gehad.
Sers. Mahlomola Kareli sê die Phuthaditjaba-polisie is ontbied vir ‘n man wat dood is. Polisielede kan vanweë brandwonde nie die kop, hande en klere van die oorledene beskryf nie.
‘n Moordsaak word ondersoek en enigiemand met inligting word versoek om 0798893311 te bel.
“Report acts of crime to your local police stations and let police investigate every act to bring responsible people to justice. We will find those responsible for the murder of this person and they will face the full might of the law” sê lt.genl. Baile Motswenyane, die provinsiale kommissaris.