Slagoffer nakend in straat aangerand, vrou in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Mapaseka Julia Khacha (21) het Sondagoggend omstreeks 05:00 ‘n slagoffer (26) glo laat uittrek en aangerand. Khacha het op aanklagte van openbare onsedelikheid en aanranding in die Edenville-landdroshof verskyn.

Sers. Josephine Rani sê Khacha het die slagoffer van ‘n buite-egtelike verhouding met haar kêrel beskuldig. ‘n Video-opname van die voorval het te voorskyn gekom. Na bewering het Khacha uit die huis gestap en die slagoffer by die deur gekry, waarna sy glo uitgetrek en aangerand is. Khacha het glo familielede geroep en die aanranding het aangehou terwyl die slagoffer straat af geparadeer is.

Khacha is in hegtenis geneem en verdere arrestasies word afgewag terwyl die ondersoek voortduur.

“Ons pleit by enigiemand in besit van die video om dit uit te vee en die verspreiding daarvan stop te sit, om die slagoffer verdere vernedering te spaar.”

Die saak is vir die aanhoor van ‘n formele borgaansoek tot 6 Augustus uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief