LIMPOPO. – Goedere van meer as R500 000 is Saterdagoggend langs die Limpoporivier gekonfiskeer toe verdagtes op bote dit net so gelos en op die vlug geslaan het.
Lt.kol. Stephen Thakeng sê beamptes het omstreeks 11:20 tydens roetinepatrollie naby die Tshirundu-woonbuurt in die Mujsina-polisiëringsarea inligting van agt klein bote wat goedere laai, ontvang. Die verdagtes het die polisie opgemerk en het met die bote terug na Zimbabwe gevlug. Al die goedere wat volgens vermoede na Zimbabwe gesmokkel word, is net so gelaat. Die goedere sluit alkohol, energiedrankies, gebak, meel en ander goedere, asook ‘n kisvrieskas, in.
Die gekonfiskeerde goedere is vir verdere ondersoek by die Musina-polisiestasie ingehandig.


