Lees ook: Kommer oor nog ‘n grondstorting in Papoea Nieu-Guinee
PAPOEA NIEU-GUINEE. – Reddingswerkers in Papoea Nieu-Guinee het die soektog na oorlewendes na die grondstorting opgeskort. Die hoof van die Enga-provinsie se rampkomitee het gesê dit is nou ‘n soektog na die liggame van mense wat lewendig begrawe is.
Minstens 2 000 mense is tydens die grondstorting lewendig begrawe. Tot dusver is net 11 liggame gevind.
Mense word nog ontruim in geval daar nog ‘n grondstorting plaasvind, maar net 700 het gister ingestem om ontruim te word.
Die VN het gewaarsku daar gaan waarskynlik ‘n uitbraak van siektes wees soos die liggame van die mense wat begrawe is, ontbind.
Bronne: Arise TV, ABC News, Aljazeera
Lees ook: Kommer oor nog ‘n grondstorting in Papoea Nieu-Guinee





