WES-KAAP. – Allister Stanbull van Steenberg het op 29 April sy huis in sy Renault Kwid verlaat en het nog nie teruggekeer huis toe nie.
Stanbull is by die polisie as vermis aangemeld.
Alderman JP Smith sê Stanbull, wat ‘n ywerige stapper is, se voertuig is in ‘n parkeerarea by Silvermyn-reservaat gevind. Die polisie en die Stad Kaapstad het Vrydag ‘n gesamentlike soektog op die staproetes geloods.
Teen 14:00 was die staproetes, die dam-area en omliggende gebied gefynkam. Stanbull is egter steeds vermis.
Enigiemand wat weet waar Stanbull hom bevind, kan die polisie bel.


Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: