GAZA. – Sowat 26 mense het in Israeliese lugaanvalle op Gaza omgekom. Ongeveer 10 mense is gedood in ’n lugaanval op ’n voormalige polisiestasie in Jabalia. Israel het gesê die teiken in Jabalia was die beheersentrum van Hamas en Islamitiese Jihad-groepe, maar het nie gesê of dit die polisiestasie bedoel nie.
Lees ook: Israel verskerp ontruiming in Gaza na aanval op skool
Nog 16 ander mense is in aparte lugaanvalle op Gaza dood. Dit sluit ’n familie van ses in wie se huis in Gaza City getref is.
Israel het gesê Hamas gebruik burgerlikes as menslike skilde en dat hulle pogings aanwend om die dood van burgerlikes te verminder.
Hamas se gesondheidsministerie het gesê meestal vrouens en kinders is in vandag se lugaanvalle dood.
Bronne: The Straits Times, ECR, Newsday
Lees ook: EFF se Noord-Kaap-leier wil eerste swart inwoner van Orania wees





