ROME, ITALIЁ. – Sowat 45 mense is gister ná ontploffings by ’n vulstasie en gasaanvullingspunt in Rome beseer.
Lees ook: Verskeie mense in ontploffing in Rome beseer
Die eerste ontploffing het by die vulstasie in die Prenestino-buurt plaasgevind ná ’n petroltenkwa ’n pyp tydens die hervul van tenks getref het. Dit het ‘n gaslek veroorsaak, wat tot ‘n brand en ‘n ontploffing gelei het. Die tweede ontploffing het plaasgevind nadat die polisie en brandbestryders reeds op die toneel was.
Inwoners en sowat 21 noodwerkers is in die tweede ontploffing beseer. Twee mans is in ‘n kritieke toestand.
Bronne: BBC, Dawn, Times of India





