Nosiviwe Mapisal-Nqakula, die speaker van die parlement, se huis is Dinsdag aan ‘n deursoek-en beslagleggingsoperasie van die NVG se ondersoekdirektoraat onderwerp.
Adv. Mthunzi Mhaga, woordvoerder vir die NVG, sê die soektog by die huis in Bruma in Johannesburg is aan ‘n ondersoek na die speaker gekoppel.
Mapisal-Ngakula word van beweerde korrupsie beskuldig.
Geen verdere kommentaar sal deur die NVG gegee word nie.





