OOS-KAAP. – ‘n Staatsaanklaer (49) is Donderdagaand by New Rest buite Butterworth doodgeskiet. Die polisie soek na twee verdagtes.
Lt.kol. Siphokazi Mawisa sê die oorledene was na bewering omstreeks 19:45 in ‘n shebeen. Hy het die huis verlaat en met sy terugkeer is hy glo deur twee onbekende verdagtes wat hulle met balaklawas vermom het, gevolg en in sy bolyf geskiet. Hy is op die toneel dood verklaar.
Die motief vir die moord is tans nog onbekend.
Enigiemand wat die polisie met inligting oor die moord kan help, word versoek om na vore te kom.





