Stopkraan laat maak voor herstelwerk kan begin

Lees ook :

KIMBERLEY – ’n Verouderde watertoevoerpyp wat die woonbuurt van Klisserville, Kimberley, van water voorsien lek voort terwyl Sol Plaatje-munisipalteit vir stopkrane wag.

Ockert Fourie, ’n DA-raadslid, sê die lekkasie op die hoek van Carringtonstraat en Dalhamweg is aan die onderkant van die pyp. Die munisipaliteit het stopkrane laat vervaardig. Die water moet gestop word om werkers in staat te stel om met die herstelwerk voort te gaan. 

Fourie sê hy is bekommerd oor die verouderde waterpype en daar is ’n moontlikheid dat verhoogde waterdrukking ná herstelwerk meer lekkasies kan veroorsaak.

FiND iT het navrae by die Sol Plaatje-munisipaliteit ingedien.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief