Susters wat saam met Frank Sinatra en Fred Astaire opgetree het, pleeg saam selfdood

Lees ook :

Susters wat saam met Frank Sinatra en Fred Astaire opgetree het pleeg saam selfdood fotokrediet: X

DUITSLAND. – Alice en Ellen Kessler, Duitse vermaaklikheidskunstenaars, wat onder andere saam met Frank Sinatra, Fred Astaire en Sammy Davis jr. opgetree het, het gister saam hulle lewens geneem. Hulle was as die Kessler-Zwingille bekend en het naam gemaak as sangers, dansers en aktrises.

Lees ook: Amerikaanse huis van verteenwoordigers stem vandag oor Epstein-wetsontwerp

Die susters (89) het gister hulle lewens geneem in hulle woning in Grünwald naby München. Volgens ‘n berig in die Duitse publikasie Bild, het die susters besluit hulle wou nie meer lewe nie en “het gekies om hulle lewens saam te beëindig”.

Die tweeling het in 2024 aan Bild gesê hulle wil hê hulle as moet saam in ‘n nis geplaas word ná hulle dood, by dié van hulle ma en hond.

Die polisie het bevestig die tweeling is gister dood gevind en dat daar geen teken van vuilspel was nie.

Bronne: Entertainment Weekly, Daily Mail, Metro

Lees ook: Amerikaanse huis van verteenwoordigers stem vandag oor Epstein-wetsontwerp

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief