Swanger slagoffer van ongeluk in Centurion se naam bekend

Lees ook :

Michelle Nel sou in Maart geboorte skenk. Foto's: Facebook

CENTURION, GAUTENG. – Die naam van die swanger vrou wat Dinsdagmiddag op die N1-Suid naby die Brakfontein-wisselaar in ’n motorongeluk oorlede is, is bekend gemaak. Michelle Nel (30) was ’n gr. 1-onderwyseres by Laerskool Lydenburg.

Die Laevelder berig Nel was op kraamverlof omdat sy in Maart geboorte aan baba Christiaan sou skenk. Na bewering was Nel se ma, Barbara du Plooy, en haar kleuter, Carli (2) saam in die voertuig. Beide het ligte beserings opgedoen en is op die toneel behandel.

Die nooddiensspan, Community Emergency Response Team (CERT), het in hulle verklaring genoem dat een persoon uit die voertuig geslinger is. Na bewering was dit Nel. Sy en die ongebore baba het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Daar is nog nie bekend gemaak wie die motor bestuur het of wat die ongeluk veroorsaak het nie. Medelye stroom sedertdien op sosiale media in.

Bronne: Die Laevelder, CERT, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief