Lees ook: Reserwebank eis Markus Jooste se bates
VSA. – ’n Vlieënier van Swiss Air het verlede week kop gehou en ‘n botsing met vier ander vliegtuie op die JFK-lughawe vermy na ’n kommunikasiefout al vyf vliegtuie op dieselfde tyd na dieselfde aanloopbaan gestuur het.
Die Federale Lugvaartadministrasie ondersoek die voorval. Die Swiss Air-vlieënier het toestemming gehad om na die aanloopbaan te beweeg, maar hy het gesien daar was nog vier vliegtuie op dieselfde aanloopbaan. Hy het die opstygbevel verwerp en wegbeweeg.
Die direkteur van die Boeing-sentrum vir Lugvaart en Lugvaartveiligheid by Embry-Riddle Aeronautical University het gesê dis ’n situasie wat veroorsaak is deur een lugverkeerbeheerder wat nie weet wat die ander een doen nie.
John Nance, ’n lugvaartkenner, het gesê sulke voorval dui op ’n spesiale soort stres.
Bronne: Daily Mail, New York Post, NDTV
Lees ook: Reserwebank eis Markus Jooste se bates





