Tiener se liggaamsdele verwyder

Lees ook :

Foto: GDE

GAUTENG. – Lukhona Fose (14) is Sondag in Roodepoort vermoor aangetref, met haar geslagsdele wat vermink en verwyder is. Fose se familie is Maandagmiddag deur dr. Polly Boshielo, die adjunkminister van polisie, asook Steve Letsike, die adjunkminister van vroue, jeug en persone met gestremdhede, besoek. Intussen het Matome Chiloane, die Gautengse LUR vir onderwys, sy droefheid oor Fose se dood uitgespreek.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê die adjunkministers is deur genl.maj. Nonhlanhla Khubeka, die distrikskommissaris van Johannesburg, en genl.maj. Lekhele, die hoof van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings, asook ‘n verteenwoordiger van die polisie se okkulte eenheid vergesel.

Steve Mabona, woordvoerder vir die onderwysdepartement in die provinsie, sê Fose was ‘n gr. 8-leerling aan Hoërskool Ikusasalethu in Braamfischerville, in Soweto. Die onderwysdepartement het sielkundige en maatskaplike ondersteuningsdienste ontplooi om uitgebreide berading en trauma-ondersteuning aan leerlinge en opvoeders te bied. Die polisie ondersoek steeds die omstandighede van die voorval wat tydens Nasionale Kinderbeskermingsweek gebeur het.

Mabona het die departement se afkeer uitgespreek van alle vorme van geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord, veral waar dit leerlinge raak. Hy het bygevoeg dat dit die plig van die samelewing is om the help om kinders se onderwys te ondersteun en te beskerm.

“As departement kan ons nie genoeg beklemtoon hoe diep hartseer ons oor die verlies van Lukhona is nie – sy was ’n jong leerder met ’n blink toekoms. Dit is onaanvaarbaar dat haar lewe op só ’n wrede wyse van haar weggeneem is. Ons doen ’n beroep op wetstoepassingsowerhede om diegene verantwoordelik vir hierdie gruweldaad vinnig aan te keer. Ons betuig ons innige meegevoel aan die familie en skoolgemeenskap en verseker hulle dat ons hul pyn deel,” het Chiloane gesê.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief