MPUMALANGA. – Mfanasibili Cornelius Mnisi (29) is ’n straf van drie keer lewenslank plus 33 jaar vir verkragting en moord op 21 Oktober 2021 in die hooggeregshof in Mbombela opgelê.
Moord en verkragting
Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê in Desember 2011 het Mnisi aangebied om ’n 18-jarige vrou huis toe te neem nadat haar vriende haar by ’n kuierplek gelos het. Hy het egter ’n draai gery en haar na sy huis geneem, waar hy haar met ’n mes gedreig en verkrag het.
Mnisi het in Oktober 2014 ’n tweede vrou (29) verkrag en haar doodgewurg nadat hy aangebied het om haar by ’n busstasie af te laai. Sy was op pad werk toe, toe hy haar na ’n afgesonderde gebied geneem het. Daar het hy haar verkrag en vermoor. Daarna het hy haar lyk in ’n rivier gestort. Haar liggaam is later deur ’n lid van die publiek gevind.
In November 2015 het Mnisi ’n 20-jarige vrou genooi om by hom in Matsulu te kuier. Mnisi het die slagoffer aan een van sy familielede voorgestel, maar het haar later daardie nag na ’n afgesonderde gebied geneem waar hy haar verkrag en gewurg het totdat sy bewusteloos was.
Hy het gedink die vrou is dood en het haar liggaam in die Krugerwildtuin gestort. Sy het later haar bewussyn herwin en ’n opening in die heining gevind van waar sy hulp gekry het van mense by huise daar naby.
LEES OOK: Massiewe waterlek nog nie herstel nie
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.





