Trump eis doodstraf vir verdagte wat Oekraïense vrou doodsteek

Lees ook :

Foto: Iryna Zarutska en skermgreep van video

VSA. – President Donald Trump het geëis dat Decarlos Brown Jr. (34), die verdagte wat vir die moord op Iryna Zarutska (23) aangekla is, die doodstraf moet kry.

Zarutska was ‘n Oekraïense vlugteling wat op ‘n trein in Charlotte in Noord-Carolina deur Brown doodgesteek is. ‘n Video-opname van haar dood is wêrelwyd versprei en het skok en woede ontlok. Charlie Kirk, wat gister in ‘n sluipmoordaaval in Utah gesterf het, het ook sy misnoeë oor Zarutska se moord uitgespreek.

Brown is deur die VSA-aanklaer se kantoor in die Wes-Distrik van Noord-Carolina aangekla op ‘n federale klag van “causing death on a mass transportation system” wat hom in aanmerking laat kom vir die doodstraf.

Trump het geskryf: “The ANIMAL who so violently killed the beautiful young lady from Ukraine, who came to America searching for peace and safety, should be given a ‘Quick’ (there is no doubt!) Trial, and only awarded THE DEATH PENALTY. There can be no other option!!!”

Lees ook meer hier onder:

Bronne: ABC News, Axios, KFOX

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief