Lees ook: Donald Trump-saak oor dokumente uitgestel
VSA. – Die eerste twee dele van Jack Smith, spesiale ondersoekbeampte, se verslag oor die Donald Trump-verkiesingsaak is ná ‘n beslissing deur ‘n regter vrygestel.
Volgens die deel van die verslag wat deur die departement van justisie aan die Kongres gestuur is, sou Trump skuldig bevind word aan inmenging met die uitslae van die 2020-verkiesing, sou hy nie die suksesvolle presidentskandidaat in 2024 wees nie.
Ná die vrystelling van die verslag het Trump gesê Smith is “mal” en sy bevindings is “vals”.
Trump is daarvan beskuldig dat hy druk op amptenare geplaas het om die 2020-verkiesingsuitslae om te keer, leuens oor verkiesingsbedrog versprei het en die oproer van 6 Januarie 2021 by die Kapitool tot sy voordeel wou uitbuit. Trump het alle aanspreeklikheid ontken.
Regter Aileen Cannon sal later die week beslis of die deel van die verslag aangaande die geklassifiseerde dokumente wat Trump ongemagtig by sy huis in Florida sou gehou het, vrygestel gaan word. Dit is nog nie vrygestel nie, omdat Trump se medebeskuldigdes nog in die hof moet verskyn.
Bronne: BBC, The Independent, USA Today





