Tswaing-burgemeester op spesiale verlof na naakvideo op verkeerde plek beland

Lees ook :

Foto: Facebook

NOORDWES. – Norah Mahlangu, die uitvoerende burgemeester van Tswaing- plaaslike munisipaliteit, se verlof vir ‘n maand, wat sy glo beveel is om te neem, is goedgekeur. Dit volg nadat die burgemeester na bewering ‘n naakte video verkeerdelik op die ANC se provinsiale WhatsApp-groep gedeel het.

Die ANC se vroueliga het dit onomwonde duidelik gemaak die beeldmateriaal is onregmatig gedeel deur individue wat eens deur die burgemeester vertrou is en versoek voorts dat die instruksie om spesiale verlof te neem, onmiddellik teruggetrek moet word.

Mahlangu het volgens die Vroueliga verskoning by die ANC, die provinsie en die gemeenskap, gevra. Die Vroueliga ondersteun Mahlangu ten volle.

Foto’s van die petalje en die burgemeester in onderklere verskyn op X.

Rdl. Nkagisang Molehabangwe sal intussen vir Mahlangu instaan.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief