Tupac-moordverhoor vir Junie 2024 geskeduleer

Lees ook :

Tupac-moordverhoor geskeduleer vir Junie 2024
Tupac-moordverhoor geskeduleer vir Junie 2024 fotokrediet: Facebook

Lees ook: Man in hegtenis vir moord op Tupac Shakur in 1996

LAS VEGAS, VSA. – Duane “Keffe D” Davis, die man aangekla van kletsrymer Tupac Shakur se moord, se verhoor sal op 3 Junie 2024 begin.

Davis is in September in hegtenis geneem en aangekla van die moord in 1996 op Tupac Shakur.

Die polisie het gesê Davis is nie die een wat die sneller getrek het nie, maar dat hy die leier van die groep was wat die moord beplan het.

Die ander persone wat saam met Davis in die kar was toe Shakur in ’n verbyryskietery geskiet is, is almal al dood.

Shakur het glo ure voor sy dood in ’n geveg met Davis se neef, Orlando Anderson, betrokke geraak. Davis het vroeër die maand onskuldig gepleit op die aanklagtes teen hom.

Bronne: Hip-Hop Wired, Rolling Stone, Law and Crime

Lees ook: Man in hegtenis vir moord op Tupac Shakur in 1996

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief