Lehogonolo Masehla (26) is Vrydag twee keer lewenslank en 10 jaar bykomend in die Polokwane-hooggeregshof gevonnis, nadat hy aan die ontvoering, verkragting en moord van ‘n meisie (6) skuldig bevind is.
Kol. Malesela Ledwaba sê die minderjarige meisie is deur haar familie as vermis aangegee toe sy nie opgespoor kon word van waar sy in haar ouma se erf buite die huis gesit en gespeel het nie.
Sy is op 30 Augustus 2021 half nakend deur polisie en gemeenskapslede by die veroordeelde misdadiger se huis in Phokoane, Mmakophala-woonbuurt in Sekhukhyne, gevind. Masehla is op die klagtes in hegtenis geneem en aangekla.
Die saak is aan AO Moses Mmatema deur Nebo-polisie se GKS-eenheid vir ondersoek toegewys, wat borg opponeer het. Aanvanklik is die saak in Nebo-landdroshof aangehoor, waarna dit na die hooggeregshof oorgeplaas is.
Masehla is die volgende vonnisse opgelê: lewenslange tronkstraf vir moord op klag 1, lewenslange tronkstraf vir verkragting op klag 2 en10 jaar bykomende tronkstraf vir ontvoering op klag 3. Die vonnisse sal samelopend uitgedien word. Die beskuldigde is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
Lt.genl. Thembi Hadebe, provinsiale kommissaris, het die vonnis verwelkom.