Twee leerders van Hoërskool Pietersburg sterf

Lees ook :

Foto's: Hoërskool Pietersburg

LIMPOPO. – Anneke van der Merwe (15) en Pieter Miller, leerlinge van Hoërskool Pietersburg, het die naweek in verskillende voorvalle gesterf.

Die skool het die afsterwe van die twee leerlinge op hulle sosialemediablad gedeel.

Anneke van der Merwe, ‘n gr.10-leerder, is Saterdag as gevolg van kanker oorlede. Sy is as ‘n sonskynkind deur die skool beskryf.

Pieter Miller, ‘n gr. 8-leerder, het Sondag in ‘n motorongeluk gesterf. Die skool beskryf hom as saggeaard en hardwerkend met ‘n mooi glimlag.

“Anneke het vanoggend vreesloos en in vrede haar stryd verloor. Ons harte is geruk. Innig dankbaar vir al die engele wat saam wou veg! Anneke, jy bly my sonskyn-kind!”

Dít is die boodskap wat jy op Anneke se BackaBuddy-profiel lees.

Lees die plasings vir die twee leerlinge op Hoërskool Pietersburg se sosiale media hier onder:

PIETIE-HARTE IN ROU

Ons Pietie-harte is stukkend oor die skielike afsterwe van nog een van ons leerders. Pieter Miller in Gr. 8 is vandag oorlede in ‘n motorongeluk.

Pieter was‘n hardwerkende en saggeaarde seun. Hy was trots op sy vorige skool, Pietersburg Laerskool en ook opgewonde om deel te wees van sy nuwe skool. Hy het, waar daar geleenthede was om deel te neem, sy beste gegee. Hy sal onthou word vir sy mooi glimlag en lojaliteit.

Ons innige meegevoel aan sy ma, boetie en almal wat naby hom was.

Mag God jul toevou in Sy groot genade en liefde.

RUS IN VREDE LIEWE ANNEKE

Dit is met leedwese dat ons u moet meedeel dat Anneke vanoggend haar stryd teen kanker verloor het.

Die Graad 10-sonskynkind het toe vinniger haar vlerke gekry as waarvoor ons reg was. 🕊️

Anneke se gees was vreesloos!

Ons weet dat sy nou sonder pyn is. Ons innige simpatie aan haar mamma en familie wat hierdie reuse verlies moet verwerk.

Anneke, laat jou liggie helder skyn!

May be an image of 1 person and text

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App