OPVOLG: Twee polisiemanne in hegtenis na Downsindroom-kind (16) se skietdood

Lees ook :

DURBAN – Twee polisielede is deur die polisie se onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) in hegtenis geneem in verband met die skietdood van Nathaniel Julies (16).

Hulle sal van moord en moontlik regsverydeling aangekla word. Meer besonderhede rakende die verskyning in die landdroshof op Protea sal later bekend gemaak word.

Bheki Cele, minister van polisie, het die gebied besoek. Woedende inwoners het Cele by Nathaniel se ouerhuis ingewag en op hom begin skree.

Die polisie beweer Nathaniel is in ’n kruisvuur van strydende bendes getref, maar ooggetuies vertel Nathaniel het alleen langs die vragmotor gestaan toe ’n polisielid hom doodgeskiet het.

Volg Find-It hier.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief