Twee seuns sterf, swanger ma kritiek

Lees ook :

Foto: IPSS Medical Rescue

KWAZULU-NATAL. – Twee seuns, onderskeidelik 6 en 10 jaar oud, is Woensdag op die N2 naby Amatikulu dood nadat hulle en hul swanger ma deur ’n voertuig getref is.

Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue sê die ma en haar kinders het huis toe gestap, toe hulle getref is. Dié diens het hulle na die toneel gehaas, waarna die kinders weens die erns van hul beserings op die toneel dood verklaar is.

Die ma is kritiek beseer en is deur gevorderde lewensondersteunende paramedici gestabiliseer voordat sy na ‘n hospitaal vervoer is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief