KWAZULU-NATAL. – Twee persone is vanoggend net voor 04:00 dood in ‘n ongeluk tussen ‘n taxi en ‘n ligte motorvoertuig op die N3 in die rigting Durban naby die Pavillion.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê met aankoms op die toneel is gevind ‘n taxi en ‘n ligte motorvoertuig het mekaar gestamp, waarna die taxi verskeie keer gerol en op sy wiele tot stilstand gekom het.
Twee insittendes van die taxi, vermoedelik in hulle 20’s, is noodlottig beseer en deur paramedici dood verklaar. Die oorsaak van die ongeluk is onbekend. Jamieson sê die nasionale hoofweg was vir ure gesluit terwyl owerhede met ondersoek besig was.
Die polisie ondersoek die ongeluk.





