Twee toeriste verdrink by luukse-oord in Bahamas

Lees ook :

Twee toeriste verdrink by luukse oord in Bahamas fotokrediet: X

BAHAMAS. – Twee Amerikaanse toeriste het in aparte voorvalle by ’n privaat luukse-oord vir passasiers van ’n bootvaartmaatskappy verdrink.

Lees ook: Mej Heelal-deelnemer Ksenia Alexandrova oorlede ná motorongeluk

Die Amerikaners was met hulle onderskeie gesinne op die Carnival Cruise Line na die Celebration Key-oord, wat minder as ’n maand gelede ingestel is. Die een man (79) het Vrydag verdrink nadat hy die moeilikheid beland het terwyl hy gesnorkel het. ’n Vrou (74) het ure daarna in ’n swembad by die oord verdrink.

Die Royal Bahamas-polisie is besig om die slagoffers se dood te ondersoek. Nadoodse ondersoeke sal uitgevoer word om die presiese oorsaak van dood te bepaal.

Bronne: BBC, Mirror, New York Post

Lees ook: Mej Heelal-deelnemer Ksenia Alexandrova oorlede ná motorongeluk

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief