WES-KAAP. – Twee verdagtes, beide 23, is deur speurders van die teen-bende-eenheid in hegtenis geneem nadat vier mense Vrydag in Bishop Lavis doodgeskiet is. Die verdagtes sal na verwagting vandag (Dinsdag) op aanklagte in die Bishop Lavis-landdroshof voorkom.
AO Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring volgens die aanvanklike ondersoek het twee gewapende mans ná 17:00 die huis in Reenberstraat binnegestorm en lukraak skote op die inwoners geskiet. Twee mans en twee vroue is op die toneel dood verklaar. Die moontlikheid dat die voorval bendeverwant is, word nie deur die polisie uitgesluit nie.
Lees meer hier onder:
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





