OOS-KAAP. – Twee verdagtes, tussen 23 en 30 jaar oud, is Maandag deur Tylden-polisiebeamptes vir veediefstal in hegtenis geneem nadat hulle in besit van vermoedelik gesteelde skape gevind is.
Kapt. Namhla Mdleleni, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die veediefstaleenheid en sigbare polisiëring het inligting ontvang wat hulle na Bloem-plaas gelei het. Die twee verdagtes is glo met die geslagte skape betrap en is onmiddellik aangehou. Hulle sal na verwagting vandag (Donderdag) op aanklagte wat verband hou met veediefstal in die Komani-landdroshof verskyn.
Maj.genl. Rudolph Adolph, Chris Hani-distriksbevelvoerder, het die vinnige optrede van die lede geprys, wat verseker dat oortreders voor die hof gebring word.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: