OOS-KAAP. – ‘n Tweejarige seun is glo Maandag eers deur sy ma (41) aangerand voordat sy hom aan die brand gesteek het. Die ma verskyn vandag op aanklag van moord in die Peddie-landdroshof.
Lt.kol. Siphokazi Mawisa sê die moord is omstreeks 22:00 in die Crossroad-woonbuurt buite Peddie gepleeg. Lede van die gemeenskap het die polisie ingelig, waarna die seun se ligggaam verbrand aangetref is. Die ma het na bewering haar seun voor sy 7-jarige sussie aangerand. Die sussie het hulp by lede van die gemeenskap gaan soek, waarna die ma Maandagaand in hegtenis geneem is.
Die sussie is tans in die sorg van ‘n familielid.
Lt.genl. Nomthetheleli Mene het haar skok en afgryse uitgespreek: “As die polisie is geslagsgebaseerde geweld teen vroue en kinders een van die belangrikste dade wat ons veroordeel. Watter omstandigheid ook al wat daartoe gelei het dat sy na bewering haar eie kind vermoor het, is onregverdigbaar. Ek het met die ondersoekspan gepraat dat hierdie saak prioriteit geniet.”