Ultimatum aan Ramaphosa ná Whitfield-verwydering

Lees ook :

Foto: DA

GAUTENG. – Die Demokratiese Alliansie (DA) het ‘n 48-uur ultimatum aan president Cyril Ramaphosa gestel nadat hy Andrew Whitfield as adjunkminister van handel, nywerheid en mededinging uit sy pos verwyder het. Steenhuisen het ná die voorneme van verwydering bekend geword het om tyd gevra om met Whitfield en sy party te konsulteer, maar dit het op dowe ore geval en Whitfield is binne drie uur verwyder.

John Steenhuisen, die DA-leier, sê in ‘n persverklaring Ramaphosa het Whitfield afgedank sonder om met die party, koalisievennote, of Whitfield self uit hoflikheid te konsulteer. Whitfield het soos die Ministeriële Handleiding dit vereis op 12 Februarie aan die president geskryf om toestemming vir ‘n voorgenome reis te vra. Tien dae later het hy nog geen antwoord ontvang nie en het die reis onderneem. Hy het later aan die president geskryf om verskoning aan te bied indien aanstoot gegee is. Geen reaksie is toe ontvang nie, maar nou het die verwydering maande later plaasgevind.

“Die president het een van die DA se adjunkministers eensydig verwyder, sonder om die kwessie selfs met hoflikheid met sy grootste kolalisievennoot te bespreek,” lui Steenhuisen se verklaring.

Daar word ook beweer dat ander ministers, soos Thembi Simelane en David Mahlobo, wat met ernstige oortredings verbind word, nie soortgelyk behandel is nie. Die DA beskuldig Ramaphosa van dubbele standaarde en eis dat ministers wat glo by korrupsie betrokke is, binne 48 uur verwyder word, anders sal daar gevolge wees.

Lees die volledige verklaring hier.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief