OOS-LONDEN, OOS-KAAP. – Owami Ngqono (19) gaan volgende week die jongste gegradueerde aan die Universiteit van Fort Hare wees wanneer sy haar Baccalaureusgraad in landbou en ekonomie ontvang.
Ngqono het op 16 as eerstejaar by die universiteit begin. Sy is oorspronklik van Butterworth en het op vyf begin skoolgaan.
Vanjaar is sy besig met haar honneursgraad. Sy word 20 in Junie.
Volgens Ngqono is sy altyd as die “jongste en skerpste” op skool beskryf.
Bron: Universiteit van Fort Hare