VSA. – Die Amerikaanse kongreslid, Andy Ogles, het op X gesê Suid-Afrika moet geskors word uit Agoa weens bewerings dat die land “wit mense haat”, “vol kommuniste is” en “lief is vir terroriste”.
Lees ook: Trump stel nog tariewe in, kan handelsoorlog begin
Ogles het reageer op ’n plasing deur Boer wat ’n toespraak deur Julius Malema gedeel het oor grondonteiening sonder vergoeding wat op 6 Maart gemaak is.
Dit volg na Donald Trump gesê het “Suid-Afrika is ’n slegte plek om nou te wees” en beskuldigings dat grond van wit boere onteien word. Elon Musk, AfriForum en Solidariteit het soortgelyke eise gemaak.
Die stellings volg na Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel en ‘n weiering om Starlink in Suid-Afrika sonder BEE toe te laat.
Agoa help Suid-Afrika met die uitvoer van produkte en as Suid-Afrika uit die handelsooreenkoms geskors word, kan dit duisende Suid-Afrikaners werkloos laat en geldelike probleme vir boere en uitvoerders veroorsaak.
Donald Trump het ook tariewe op Amerikaanse boere ingestel as hulle goedere vanaf 2 April wil uitvoer.
Bronne: IOL, African News Agency, X
Lees ook: Trump stel nog tariewe in, kan handelsoorlog begin