Brekende Nuus
Nuus

Valke maak Mandrax-laboratorium tot niet

Foto's: Valke

KWAZULU-NATAL. – Die Valke van die Wes-Kaap het tydens ’n intelligensiegedrewe operasie in Esikhawini naby Richardsbaai in KZN ’n dwelmlaboratorium ter waarde van etlike miljoene rande ontmantel en ’n man (50) in hegtenis geneem.

Kol. Katlego Mogale en kapt. Zinzi Hani, woordvoerders van die Valke, sê die Wes-Kaapse dwelmbestrydingseenheid het saam met die taktiese operasiespan ’n eiendom deursoek nadat hulle inligting oor verdagte bedrywighede ontvang het. Die span het ’n versteekte, ten volle operasionele dwelmlaboratorium op die perseel gevind en op toerusting, vervaardigingsmateriaal en ’n groot hoeveelheid Mandrax beslag gelê.

Die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Donderdag op aanklagte van dwelmbesit, handel in dwelms en die vervaardiging van dwelms in die Esikhaleni-landdroshof verskyn.