Valke veroordeel implisering in R4 m. diefstal

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – “Die provinsiale hoof van die direktoraat van prioriteitsmisdaadondersoeke neem kennis van ‘n misleidende mediaverklaring waarin lede by diefstal van R4 m. geïmpliseer word.”

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi sê die implisering van lede van die Valke in die beweerde diefstal word ontken.

“The implicated individuals are from the Intelligence structures that assist the Hawks during investigations, as the Hawks do not have an intelligence capacity.”

Sekgotodi sê geen lid van die Valke was betrokke nie en sê voordat so ‘n verklaring uitgereik word, moet daar liefs met partye wat geraak word, gekonsulteer word.

“It is always advisable to consult the affected parties before statements of this nature are released as they tend to tarnish the image of the Hawks and undo the confidence that management is building with the community of Mpumalanga.”

Volgens Sekgotodi het die provinsiale hoof van die Valke al die relevante dokumente en lêers aangevra om sodoende die status van die saak vas te stel.

“A full investigation will be conducted, including the case that has been opened. It is regretted that this matter is incorrectly sensationalised in the media without offering the Hawks the right of reply before publication.”

Sekgotodi sluit af: “Ons is daartoe verbind om met integriteit te dien en ons ondersoeke sonder vrees of guns uit te voer.”

Hierdie verklaring is gemaak nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid ‘n verklaring gemaak het wat hier gelees kan word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief