Brekende Nuus
Afrikaans

Van SA se 20 gevalle van a-pokke is 15 gesond

A-pokke gevalle styg tot 20, 15 al gesond

fotokrediet: Canva
A-pokke gevalle styg tot 20, 15 al gesond fotokrediet: Canva

Lees ook: Gesondheidsdepartement gaan nog entstof teen a-pokke kry

Die departement van gesondheid het gesê daar is reeds 20 gevalle van a-pokke sedert Mei in Suid-Afrika aangemeld.

Van hulle is 15 al uit hospitale ontslaan en gesond. Nog vyf persone is in die hospitaal weens komplikasies. Drie persone is oorlede.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie is besig om medikasie om a-pokke te behandel na Suid-Afrika te stuur.

Nog vier gevalle van a-pokke is in Gauteng en KwaZulu-Natal aangemeld. Die nuwe gevalle sluit in ’n seun (17) van Hillbrow, ’n man (37) van die Wes-Rand en ’n seun (19) van Durban.

Gauteng het nou 10 gevalle, KwaZulu-Natal nege en die Wes-Kaap een.

Bronne: Daily Maverick, IOL, SABC

Lees ook: Gesondheidsdepartement gaan nog entstof teen a-pokke kry