LIMPOPO. – ‘n Veiligheidsbeampte (28) is na bewering Dinsdagaand deur ‘n veiligheidsbeampte (36) van ‘n ander maatskappy by die Groblersburg-grenspos in Tom Burke geskiet.
Kol. Malesela Ledwaba sê die voorval het omstreeks 20:00 gebeur toe ‘n argument glo tussen die twee beamptes ontstaan het.
Die gewonde beampte is na ‘n hospitaal vervoer waar hy met aankoms dood verklaar is. Die ander beampte is in hegtenis geneem en verskyn vandag in die Phalala-landdroshof.
Beide was verantwoordelik om swaar vragmotors vir hulle onderskeie maatskappye te begelei.
Die motief van die insident word ondersoek.
“We will leave no stone unturned in our quest to apprehend those responsible for this heinous act,” sê lt.genl. Thembi Hadebe wat die voorval veroordeel het.
