KWAZULU-NATAL. – ‘n Veiligheidswag is Vrydagaand in wat geglo word ‘n verbyryskietery was, in sy voertuig doodgeskiet.
Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue sê die diens is na die toneel van ‘n skietinsident in die Umkomaas-gebied. Die veiligheidswag, die enigste insittende van die voertuig, is verskeie kere geskiet. Hy is op die toneel dood verklaar.
Meyrick sê die motief van die skietery is onbekend, maar sal deur owerhede wat op die toneel was, ondersoek word.





