KWAZULU-NATAL. – ‘n Veiligheidswag is vroeër vandag kritiek beseer tydens die beweerde roof van ‘n kontantwa. Die voorval was in Rick Turnerstraat naby Queen Mary-rylaan.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê verskeie oproepe vir hulp is omstreeks 11:20 oor ‘n skietvoorval ontvang. Die polisie en veiligheidspersoneel was op die toneel teenwoordig. ‘n Kritiek gewonde veiligheidsbeampte, vermoedelik in sy 30’s, het ‘n skietwond in sy bolyf gehad.
Die beampte is deur gevorderede lewensondersteunende paramedici op die toneel gestabiliseer voordat hy vir verdere mediese hulp na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer is.
Na bewering het verdagtes die veiligheidswag van geld beroof.
Die polisie ondersoek die saak.





