KIMBERLEY. – In opdrag van die Direkteure van LOMINA 17 EDMS BPK, sal HTA Afslaers, per openbare veiling, te Du Toitspanstraat 80, Kimberley, die onderstaande eiendom of alternatiewelik die aandeel houding en leningsrekeninge in die maatskappy te koop aanbied.
DATUM: Vrydag, 2 Augustus, 2024
TYD: 11:00
VASTE EIENDOM:
Erf 42739, geleë in die Sol Plaatjie Munisipaliteit, distrik Kimberley, provinsie Noord Kaap.
Groot: 2 121 m².
LIGGING:
Die eiendom is geleë te Du Toitspanstraat 78-82, Kimberley.
VERBETERINGS:
1 527 m² Verhuurbare oppervlakte soos volg: toegang vanaf du Toitspanstraat word verkry via ‘n voorportaal met ontvangs/wagarea, verskeie graad B-kantore, raadsale, administrasie- en ondersteuningspersoneel kantore, drukkers area, kluis en rekordkamer. Daar is voldoende mans en dames toilette, kombuisareas en stoorkamers in die gebou.
Finbond Groep Beperk huur tans 160 m² wat bestaan uit wagarea, tellerarea, kantoorspasie, kombuis en toilet.
Daar is ook ander verhuurbare areas met hul eie ingange vanaf die straat naamlik: ‘n 50 m² kantoorruimte, 180 m² winkelarea wat as restaurant/wegneem etes gebruik was, kombuis en toiletgeriewe en ‘n verdere 63 m² wat deur ‘n dokter as spreekkamer gebruik is /kantoor spasie.
Aan die agterkant van die gebou is daar veilige parkeerruimte met afdakke vir 13 motorvoertuie. Hierdie area is voorsien van ‘n gemotoriseerde hek.
Die gebou het steen buite mure met staal en aluminium vensters, teël en mat vloerbedekking, hang plafonne en lugversorgers. Sommige binnemure is gepleisterde steen mure en ander is gipsbord.
Op hierdie eiendom is ook ‘n kragopwekker vir bystand elektrisiteit gedurende beurtkrag en ander onderbrekings.
AFSLAER’S NOTAS:
Hierdie is ‘n ideale geleentheid om ‘n goeie belegging te maak in die sentrale besigheidsgebied van Kimberley met ‘n baie goeie rendement op kapitale belegging. Vir enige ernstige belegger. Hierdie eenheid kan aangewend word vir kantoor ruimte en/of ander moontlikhede met ‘n potensiële verhuurbare inkomste van R130,000.00 bruto per maand.
VOORWAARDES VIR VASTE EIENDOM:
10% DEPOSITO van koopsom betaalbaar by toeslaan van bod. 4,5 % KOPERSKOMMISSIE plus BTW daarop betaalbaar. Balans moet KOPER ‘n goedgekeurde Bankwaarborg verskaf binne 30 dae na datum van bekragtiging. ALLE FINANSIERING MOET VOORAF KLAAR GEREëL WEES.
REGISTRASIE-VEREISTES:
R10 000.00 TERUGBETAALBARE DEPOSITO; Fica vereistes op webwerf.
KONTAKBESONDERHEDE:
t: 053 574 0002
Ossewastraat 20,
Petrusburg, 9932
www.htaa.co.za
Eddie: 073 326 7777
Dewald: 072 576 9828
*Advertensie





