Verdagte deur polisie doodgeskiet, omstander gewond

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Verdagte, vermoedelik 28 jaar oud, is Maandagoggend in Tumahole na ‘n OTM-bomaanval tydens ‘n oor-en-weer-skietery deur die polisie doodgeskiet. ‘n Omstander is tydens die skietery in die voet gewond.

Sers. Mahlomola Kareli sê polisielede is omstreeks 02:00 na ‘n OTM wat op die hoek van Koloane- en Tumaholestraat gebombardeer is na ‘n klagte ontvang is. Met aankoms op die toneel is op die polisielede geskiet, waarna ‘n verdagte doodgeskiet is. Vlugtende verdagtes het ‘n veiligheidsmaatskappyvoertuig vol gate geskiet.

Na bewering is 12 swaar gewapende verdagtes op die toneel gewaar nadat die bom afgegaan het. Die verdagtes kon met ‘n onbekende bedrag geld te voet van die toneel vlug.

Sake van moord en poging tot moord is deur die polisie geopen. ‘n Soektog na die verdagtes is geloods.

Enigiemand met inligting word gevra om speur.sers. Malefane Motloung by 073 380 4603 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief