Verdagte glo met agt AK-47’s en ander wapens gearresteer

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – ‘n Verdagte is glo Donderdagoggend deur die Witrivier-blitspatrollie met agt AK-47-aanvalsgewere, ‘n R1-geweer, ‘n R5-geweer, ‘n pistool, ‘n rewolwer, twee granate en lewendige ammunisie in sy besit, in hegtenis geneem.

Kol. Donald Mdhluli en Moeti Mmusi, woordvoerders van die polisie en gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, sê in ‘n gesamentlike verklaring ‘n wit Toyota-enkelkajuitbakkie het omstreeks 04:30 opdragte van die blitspatrollie geïgnoreer om stil te hou en teen ‘n hoë snelheid van hulle probeer wegjaag. Hy is tot stilstand gedwing en tydens deursoeking is op die arsenaal van vuurwapens en ammunisie afgekom. Die vuurwapens is gekonsfiskeer en die verdagte op aanklag van die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie in hegtenis geneem.

“Ballistiese toetse sal vasstel of die vuurwapens voorheen elders in die pleging van misdaad gebruik is, dus kan die polisie nie die moontlikheid uitsluit dat nog klagte teen die verdagte bygevoeg sal word terwyl die ondersoek voortduur nie.”

Die blitspatrollielede is geprys vir die suksesvolle konfiskering voordat die vuurwapens en ammunisie in verkeerde hande kon beland.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief