MPUMALANGA. – ‘n Verdagte (55) is gearresteer en het gister (Maandag) in die Bosbokrand-landdroshof verskyn, nadat hy glo vuurwapens aan onwettige myners verhuur het.
Lt.kol. Jabu Ndubane sê die verdagte is deur lede van Operasie Vala Umgodi gearresteer nadat ‘n wenk ontvang is. Die verdagte is geïdentifiseer en sy huis is deursoek, waartydens drie handwapens met ammunisie, waarvan twee se reeksnommers afgevyl is, ontdek is. Die verdagte is vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie aangekla.
Ndubane sê meer aanklagte kan moontlik tydens verdere ondersoek teen die verdagte gemaak word.





