Verdagte wat Appel se skoonpa ‘aanrand’ vasgetrek

Lees ook :

Foto's: Appel en SAPD

GAUTENG. – ‘n Verdagte man (52) wat glo Sondagnag op die sanger Appel, se skoonpa Deon, geskiet en hom daarna aangerand het, is Sondagaand omstreeks 22:30 in Kameeldrift vir poging tot moord gearresteer.

Kapt. Johan van Dyk sê aan Nuusflits kol. Witbooi, die stasiebevelvoerder van Sinoville-polisiestasie, het dadelik ‘n kundige span speurders onder leiding van die speurtakbevelvoerder saamgestel nadat hy van die voorval ingelig is. Die span se uitsluitlike opdrag was om die verdagte te identifiseer, op te spoor en in hegtenis te neem.

Van Dyk sê verklarings en bewyse is ingesamel, waarna die verdagte suskesvol aangekeer is. Die gryskleurige Nissan Navara is deur misdaadtoneeldeskundiges geprossesseer en ‘n vuurwapen wat deel van die saak is en ballistiese toetsing sal ondergaan, is gekonfiskeer.

Die verdagte is van poging tot moord aangekla en sal Dinsdag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn. Van Dyk sê maj.genl. Samuel Thine prys die lede wat by die ondersoek betrokke is vir die uitstaande manier hoe hulle die gemeenskap dien.

Lees meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief