Verdagte wat glo 2-jarige verkrag se borgaansoek uitgestel

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – Die beskuldigde (26) wat glo ‘n 2-jarige verkrag het, het Woensdag in die Chief Albert Luthuli-landdroshof verskyn.

Lt. kol. Jabu Ndubane sê die saak is vir formele borgaansoek tot 19 Februarie uitgestel. Die beskuldigde bly in aanhouding. Hy het glo ‘n kleutermeisie (2) in ‘n ou verlate huis in Nhlazatshe, naby Elukwatini, ingelok en verkrag. Haar ouma moes van ‘n verbyganger hoor ‘n kind is beseer en bloei.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief