Verdagte wat glo renosters wou skiet, vasgetrek

Lees ook :

Foto: SAPD

LIMPOPO. – ‘n Verdagte (26), wat daarvan verdink word dat hy renosters wou skiet, is Sondag in die Hoopdal-polisiëringsarea deur die eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies in hegtenis geneem.

Kol. Malesela Ledwaba sê inligting is ontvang van ‘n verdagte wat beplan om renosters by een van die wildreservate te skiet. ‘n Operasie is saam met ‘n veiligheidsmaatskappy geloods en die verdagte is in ‘n wit VW TSI opgemerk. Hy het teen ‘n hoë snelheid vir die polisie weggejaag, waarny hy beheer verloor en in bosse beland het. Die insittendes van die voertuig het te voet in verskillende rigtings gehardloop.

Ledwaba sê die polisie het daarin geslaag om een van die verdagtes in hegtenis te neem. ‘n Geweer met ‘n knaldemper en vier lewendige rondtes ammunisie, asook die voertuig, is gekonfiskeer.

Die verdagte sal vandag op aanklagte van die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie in die Thabazimbi-landdroshof verskyn.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief