VRYSTAAT. – Twee verdagtes het Donderdag in die Springfontein-landdroshof verskyn op aanklag van bedrog, nadat hulle daarvan beskuldig is dat hulle ‘n bankkaart gekloon het.
Sers. Sinah Mpakane het verduidelik dat ‘n 68-jarige slagoffer Maandag geld by ‘n OTM in Springfontein wou onttrek. Die verdagtes het glo voorgegee om die OTM te gebruik en met sy transaksie ingemeng. Die slagoffer se bankkaart is vermoedelik gekloon, en hy het ‘n onbekende bedrag geld verloor.
Vinnige opgetrede deur die polisie het gesorg dat die verdagtes binne ure in hegtenis geneem is.
Die saak is tot 12 September uitgestel terwyl ondersoek word of die verdagtes met soortgelyke voorvalle in Springfontein, Gariepdam en Trompsburg verbind kan word.





